Sunday 16 May 2010

A lift from Paarl?

Hi Juana

Ek hoop dit gaan goed met jou en dat jy lekker snoesig warm and droog is. Ek het vanoggend 'lecture theatre' toe geswem. (butterfly style!!)

Daar is 'n student in ons groep wat in Paarl woon en probleme met vervoer het. Hy moet die trein vat en met all die stakings kom hy baie kere laat - of glad nie.

Ek het vir hom 'n "flyer" ontwerp wat ons kan druk en wat hy dan onder die motors met 'n 'CJ' nommerplaat se ruitvee(deelteken)rs wil sit. Met die reen (deelteken) op die oomblik is dit natuurlik nie moontlik nie. Ek bekommer my ook dat, as hy 'n student vind wat van Paarl af inkom, die person miskien nie veilig genoeg ry nie.

Maar daar is miskien personeel wat van Paarl af inkom. MAg ek vir jou vra, en mag jy / sou jy omgee om 'n epossie uit te stuur aan die Informatics & Design personeel om te vra of iemand vir Francois sou kan help. Hy is bereid om by te dra by die brandstof en hy is 'n baie aangename seun.

Lekker naweek!

Monika

No comments:

Post a Comment